|
Vergewe en vergeet
Daar het ‘n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.
En eendag kom daarlanges
‘n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.
“Jy het mos, doringstruikie,
my ander dag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie platgetrap.”
Die ossewa verdwyn weer
agter ‘n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.
Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.
Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.
Ook het die loop van jare
die wonde weggewis -
net een plek byl ‘n teken
wat onuitwisbaar is.
Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.
Totius
|
|
This Afrikaans poem is about a solder that was beheaded…by a bomb.
Die ruiter van Skimmelperdpan
Op die pad wat verdwyn in die Skimmelperdpan,
By ‘n draai in die mond van die kloof,
Het ‘n bom in die oorlog ‘n vlugtende man
Op ‘n perd soos ‘n swaardslag onthoof.
Aan die saalboom krampagtig die hande verstyf,
Met ‘n laaste stuiptrekkende krag,
En die bene geklem soos ‘n skroef om sy lyf,
Op die perd sit die grusame vrag.
Met sy neusgate wyd en die ore op sy nek,
Soos die wind yl verbysterd die dier,
Met die skuim in wit vlokke wat waai uit sy bek,
En gespan soos ‘n draad elke spier;
By die huisie verby waar ‘n vrou staan en kyk …
In die afkopding ken sy haar man …
Met ‘n onaardse geil val sy bleek soos ‘n lyk …
Perd en ruiter verdwyn in die Pan!
Wee die reisiger wat daar onwetend kom skuil
Waar bouvallig die huisie nog staan,
En vreesagtig by wyle ‘n nagdiertjie huil
By die newelige lig van die maan!
Want by middernag waai daar ‘n wind deur die kloof,
Waai en huil soos ‘n kindjie wat kerm,
En dan jaag daar ‘n perd met ‘n man sonder hoof …
Wie dit sien, roep verskrik: “Heer, ontferm!”
Want die vuurvonke spat waar die hoefslae dreun,
En dit vlam uit sy neus en sy oog;
Styf en stram sit die ruiter na vore geleun,
En die bloed uit sy nek spuit ‘n boog;
En dan eensklaps van uit die vervalle gebou
Kom ‘n vreeslike skrikbeeld gevaar,
Al die hare orent – ‘n waansinnige vrou
Met ‘n hande-wringend gebaar:
“Waarom rus jy nie, rus jy nie, Jan van der Meer?
Waarom jaag jy my elke nag op?
Sal daar nimmer ‘n einde kom … altyd maar weer
Die galop … die galop … die galop?!”
Die afgryslike klank – nog gehuil nog gelag –
En die perd met die romp van ‘n man …!
Dis geen plek vir ‘n Christenmens daar in die nag
Langs die pad na die Skimmelperdpan!
|
|
Here´s a translation I found:
On a mountain in the night
we lie in the darkness and wait
In the mud and blood
I lie cold,
grain bag and rain cling to me.
And my house and my farm,
burned to ashes
so that they could catch us
But those flames and that fire
burn now deep, deep within me.
De la Rey, De la Rey,
will you come to lead the Boers?
De la Rey, De la Rey
General, General, as one man
we’ll fall in around you
General De la Rey
And the Khakis (Brits) that laugh
[just] a handfull of us
against their whole great might
With the cliffs to our backs,
they think it’s all over [with us]
But the heart of the Boer lies deeper and wider,
hat they’ll still find [out]
At a gallop he comes,
the Lion of the West Transvaal
De la Rey, De la Rey,
will you come to lead the Boers?
De la Rey, De la Rey
General, General, as one man
we’ll fall in around you
General De la Rey
De la Rey, De la Rey,
will you come to lead the Boers?
De la Rey, De la Rey
General, General, as one man
we’ll fall in around you
General De la Rey
Because my wife and my child,
lie in a Hell-camp* and perish
And the Khakis’ vengence *
is poured over
a nation that will rise up again
De la Rey, De la Rey,
will you come to lead the Boers?
De la Rey, De la Rey
General, General, as one man
we’ll fall in around you
General De la Rey
De la Rey, De la Rey,
will you come for the Boers?
[We’re ready ...]
* Concentration camp
** Perhaps this could be translated as “And the Khakis vent their spleen on a nation
that will rise once again.”
Translation by Deirdre Fields
http://www.stormfront.org/forum/showthread.php/boerelied-de-la-rey-339618.html
|
|
Slagveld – Majuba
So sing die jonges vol van vreugde,
maar ag, oom Gert se hart is seer
as hy straks diep en dieper peinsend
gaan langs die slagveld van weleer.
Dáár lê Majuba, donker kleurig,
sy sye een en al terras;
dis of die berg van alle eeue
vir wonderdaad geskape was.
Daar lê Laingsnek; dis of Gods hande
dit vir ‘n skanswerk uit wou bou.
En daar’s Ingogo’s kronkelbedding—
net om die vyand op te hou.
Daar’s nog die wonderlike hoeke,
net om die vyand vas te keer;
maar ag, oom Gert voel nou so anders,
sy hart is onverklaarbaar seer.
Hy sien nou oral groot kanonne,
hy weet nie of die ding sal gaan.
Die treine voer nou alle soorte
van wapens uit die hoofstad aan.
Daar is hom ook so baie mense,
en baie goed word aangevoer;
voorheen was daar so min maar nodig:
‘n ryperd, biltong en ‘n roer.
Dis nodig, ja, die tyd die vorder,
en daarom swyg hy maar en kyk.
Maar heel die Amajuba-wêreld,
alles wil hom so anders lyk.
Tog leef hy weer, die troue krygsman,
al trek hy nou maar same net:
‘n oorlogsperd die stamp en runnik
wanneer hy hoor die krygstrompet!
Uit Goue Gode…XV : Verse van Totius
C. Louis Leipoldt:
|
|
Drummer Hodge ~Thomas Hardy
They throw in Drummer Hodge, to rest
Uncoffined – just as found:
His landmark is a kopje-crest
That breaks the veldt around;
And foreign constellations west
Each night above his mound.
Young Hodge the Drummer never knew –
Fresh from his Wessex home –
The meaning of the broad Karoo,
The Bush, the dusty loam,
And why uprose to nightly view
Strange stars amid the gloam.
Yet portion of that unknown plain
Will Hodge forever be;
His homely Northern breast and brain
Grow to some Southern tree,
And strange-eyed constellation reign
His stars eternally.
|
|
DIE OSSEWA
Die osse stap deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedweë;
die jukke, al drukkend hul skowwe -
hul dra dit getroos en tevree.
En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna -
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.
Die middagson brand op die koppe,
hebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe -
en ver in die tog van die dag.
Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraands is ver en is swaar;
dit knars in die knakkende knokke,
maar hul beur, en die vrag bring hul daar.
So, stom tot die stond van hul sterwe,
bly elkeen 'n held van die daad -
hul bene, na swoeë en swerwe,
1lê ver op die velde verlaat...
- Jan Celliers
|
|
DIE DOOD VAN DIE OSSEWA
Ha! ek is weer op Quatlamba!-
Daar lê Natal, 'n panorama, wat
Weggolf in vroeë somerson, tot blou
Die horison en berge samesmelt.
Skree nou jul helse geeste en vernuf!-
Ek lag my vryheidslag! - Ek lei 'n volkie
Die donkie in! My wasbak is hul wieg!-
Dis net die trekkie met sy Boek, sy wa,
Ons is alleen in die oneindigheid!-
Spot maar in wirrelglans verby en lag
Om my onmagtigheid.-Quatlamba's muur
Weerkaats jul spotlag duisendmaal terug!
Hier in die velde, net so vry as is
Die vryheidsgees wat my besiel, voel ek
My tuis, en waar die winde stoei, voel ek
My tuis, en waar die winde stoei langs berge,
Die wortel my bestaan. Hier het die bloed
Van pioniers my wabak rooi geverf,
in kleine nasie's wrede wordingsuur!
Dis net die trekker mte sy Boek, sy wa,
Alleen in ons in die oneindigheid.-
Die smeulvuur by my wiel word flou, en in
Die twyfelgloedjie staar my stille baas.-
Sag gooi die dofgeel skynsel van die gloed, -
'n Droewe glimlag op sy trekkersbaard,-
En saam peins ons oor lagverlore vryheid.-
J.R.L van Bruggen (Kleinjan).
|
|
O, DIE OGGENDSTOND OP 'N BOEREPLAAS!
O, die oggendstond op 'n boereplaas!
Daar trek al op die eerste rook.
Hul het gistraand die graag beslis
wie of se beurt dit mëre is
om ketel te kook.
Die mëre-ster het opgegaan;
daarbinne roer al een;
daarbuite bly die rokie draai,
omdat daar nou geen windjie waai
deur vroeë mërewêreld heen.
Die haan het op sy beul geblaas;
hy spring al van sy tak;
'n mens sal sê dat hy die baas
(so stap hy) is van die werf en plaas,
en die transport dra in sy sak.
Hom volg sy vrind die kallekoen,
en oue towenaar:
hy worstel met sy slange, wat
hy nukrig teke in die pad
se stof, met duistre vlekgebaar.
Die kraalvee is al moeg gelê;
hul rek die stramme lywe uit.
Daar kom die kaffer ook al aan,
wat koulik oor die douveld gaan
en eers die kalwerhok ontsluit.
Sy emmer ruis van pure musiek,
so vloei dit nou uit volle speen;
musiek ook vir die kalfie als
hy kort-kort om sy moeder wals
op nod onvaste horrelbeen.
Maar kyk hoe staan die osse met
groot oë naar die hek te tuur,
totdat die sware hinderpaal,
word uit die mikstok uitgehaal,
waaraan hul saans hul lywe skuur.
Die songaan op, die vee verdwyn.
net in die onverstoorbre vert'
'n osse-span stap voor die ploeg,
en agteraan die man wat swoeg
by 'n rukkeringe stert.
Die mïre smelt weer met die dou,
die vrede alleen bly soos dit was.
Net 'n hen spring van haar eiers af
met groot geraas, en die brakhond blaf
vir die enkele kuiergas.
Totius
|
|
TREK
Verder die woestyn in.
Lui klap die drywer met sy sweep.
Twaalf slaperinge donkies sleep
'n krakerige, lendelam ou wa.
'n Uitgedroogde hond draf agterna,
versuimend by die bossies langs die pad.
'n Vrou, verwaarloos, maer en afgemat,
loer uit die wa se toiingerige tent.
Die kleinding op haar skoot skree sonder end
sy's te armoedig om sy dors te les.
En rondom haar sluil nog 'n stuk of ses
wat min verskil van vaal lokasie-klonkies,
en met hul ouers lyk net soos hul donkies.
Ek staar hul agterna en wonder...
Die son gaan bloedrooi oor die waentjie onder.
J.J. Oosthuizen
|
|
Ek is van Afrika
Ek is van Afrika
Nie omdat ek daar gebore is
Maar omdat my hart met Afrika klop
Ek is van Afrika
Nie omdat my gelaat donker is
Maar omdat Afrika my gedagtes omgrens
Ek is van Afrika
Nie omdat ek van haar leef
Maar omdat my siel tuis is – in Afrika
Wanneer Afrika oor haar kinders ween
Is my wange deur traandruppels deurweek
Wanneer Afrika haar voorvaders eer
Buig my hoof in respek daarheen
Wanneer Afrika oor haar slagoffers rou
Is my hande in gebed gevou
Wanneer Afrika haar oorwinnings vier
Dans ek op die maat van die oorwinningslied
Ek is van Afrika
Met haar asemrowende ylblou lugruimtes
Laat sy die toekoms skitterend skyn
Ek is van Afrika
Waar ek gegroet word asof familie
En ek ervaar die gevoel van meervoudig
Ek is van Afrika
Want haar wildheid bring vertroosting vir my siel
En bring my nader na die bron van Lewe
Wanneer Afrika-musiek in die wind weerklink
Volg my polsslag die ritmiese klop
En word ek een met die klank
Wanneer die Afrika-kleure in die son glinster
Verdrink my sintuie in haar reënboog
En is ek die natuur se pallet
Wanneer die Afrika-verhale om die vure op-klink
Volg my voete hul tydlose ‘wink
En is ek die spore van die verle’
Ek is van Afrika
Want sy’s die krip van geboorte
En troetel die oer-oue wysheid
Ek is van Afrika
Want sy leef in die skadu van die wêreld
En brand met ‘n gloeiende inspirasie
Ek is van Afrika
Want sy is die land van môre
En ek eer haar tydlose geskenke
©Nikita — 2nd September 2008
|
|
In die Hoëveld
1. In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.
En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees of skaap toe ry.
On the High-veld
1. In the High-veld where it’s open and heaven’s wide up there
Where herds of tall grass frisk about the veld
Where you can breath freely and believe in God
Stands my little house which I’ve left for money
And If I sit here in the tunnels of the mine, dreaming
About the High-veld wind, wide and free
Then I hear the sound of my tracks, saddle and bridle
At dusk when riding to the livestock.
2.Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring ’n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ’n jaar of tien,
Waar die bokkies op die leigrafstene speel.
Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as ’n kind.
Toon van den Heever (1894-1956)
2.On the High-veld, where it’s spacious, where you can see far off
(The wispy blue brings a lump to your throat)
Stands my little house, waiting for me about a year or ten
Where the little deer play on the slate tombstones
But if the tuberculosis gets worse and I hear the last wheeze
I then wander to the High-veld wind
And in the moonlight I seek all the most beautiful places
Where I made clay oxen as a child.
—©Nikita —
|
|
Verlange
Die son daal in glorie; basuine
Steek op in die hemel van kleur
En knetter oor rotse en duine,
Wat die troos van sy taptoe verbeur;
Die klowe word pers en die hange,
Die bergtoppe bloos in hul‘ prag;
Die wind blus die gloed en maak gange
Van groen en smarag.
|
|