Traditional
Volkoring en neute beskuit
280 g (2 x 250 ml) witbroodmeel
200 g (250 ml) suiker
5 ml sout
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml kremetart
1 kg (4 x 250 ml) volkoringmeel
250 g botter, gesmelt
250 ml rosyne
125 ml pekanneute, gekap
500 ml karringmelk
2 eiers, geklits
200 ml olie
1. Sif witbroodmeel, suiker, sout, bakpoeier, koeksoda en kremetart saam. Roer die volkoringmeel by.
2. Roer die gesmelte botter, rosyne en neute by. Klits die karringmelk, eiers en olie saam en voeg by. Meng tot 'n deeg, rol in balletjies en pak in gesmeerde broodpanne.
3. Bak in 'n voorverhitte oond (180 °C) vir sowat 1 uur. Laat afkoel, breek in stukke en pak op bakplate om uit te droog in 'n louwarm oond.
|
|
piesang en neute muffin
250ml volkoringmeel
125ml bruismeel
5ml koeksoda
375ml semels
200ml bruinsuiker
125ml gekapte pekan of okkerneute
2 groot piesangs, fyngedruk
125g gesmelte botter
1 eier, geklits
125ml karringmelk
Voorverhit die oond tot 180C.
Meng meel en koeksoda.
Voeg semels, suiker en neute by.
Maak ‘n holte in droë bestanddele en voeg piesangs, botter en geklitste eier en karringmelk by.
Meng liggies met ‘n vurk.
Skep gesmeerde muffinpannetjies driekwart vol en bak sowat 20 minute
|
|
Hoender Pastei (Boer Chicken Pie)
One 5-6 pound chicken (hen)
1/2 teaspoon mixed pickling spices
1 tablespoon salt
2 medium onions, peeled, halved
4 carrots, peeled, halved
2 ounces butter
6 tablespoons flour
1/4 cup white wine
Salt, pepper
2 egg yolks
4 tablespoons lemon juice
3 hard-boiled eggs, sliced
4 ounces Danish ham, sliced thinly
Pie crust dough
1 egg beaten with 1 tablespoon water
In a stewpot, place the chicken, spices, salt, onions, and carrots, and cover with water. Bring to a boil and simmer for 1-1/2 hours. Strain the broth and reserve. Cut the chicken up into bite-sized pieces. Slice the carrots and reserve.
In a saucepan, heat the butter over moderate heat. Add flour and stir well, forming a roux. Cook for a few minutes, stirring constantly, then add 3 cups of the reserved chicken broth, the wine, salt and pepper. Stir until thickened slightly. In a small bowl, beat the egg yolks and lemon juice together until frothy, then add to the sauce. Beat well, and continue cooking until sauce thickens more. Remove from the heat.
Preheat the oven to 450 degrees F. In a 4 quart deep-dish baking pan, place the chicken uniformly on the bottom. Arrange the hard-boiled egg slices on top of the chicken, and then top with the ham slices. Spread the reserved carrot slices, then cover with the sauce.
Roll out the pie crust, and lay it over the baking dish. Press along the edge firmly and trim excess. Score in several places to allow steam to escape. Brush dough with egg.
Bake for 10 minutes, then reduce heat to 375 degrees F and bake 30 minutes longer. Crust should be golden brown.
|
|
Shokolade Karringmelk Koek
Bestanddele:
1½ koppie strooisuiker
125ml botter
125ml kakao
250ml warm water
500ml meelblom
2 eiers
125ml karringmelk
10ml vanilla
5ml kremetart
5ml koeksoda
¼ teelepel sout
So gemaak:
Meng kakao met warm water.
Meng koeksoda met karringmelk.
Sif droë bestandele. Klop botter en suiker goed.
Klop eiers goed. Voeg eiers by botter.
Voeg dit by meel om die beurt met kakao en melk.
Gooi vanilla by. Klop met houtlepel.
Bak by 180ºC vir 25 minute.
Versiersel:
- 250 g (270 ml) sagte botter
- 500g (960 ml) versiersuiker
- 6 groot eetlepels hoogvol kakao
- 50 ml karringmelk
- Shokolade snysels, of sommer ner ' n groot flake
Sit die botter in jou elektriese menger. Sif die versiersuiker en kakao saam. Voeg dit by die botter. Meng alles goed saam en voeg karringmelk by vir gladde versiersel.. Versier koek as dit heeltemal afgekoel is, sprinkel met shokolade sprinkels of krummel flake. bo-oor.
|
|
Kondensmelkbeskuit
1 kg bruismeel
125 ml suiker
500 ml semels
250 ml volkoringmeelblom
150 ml sesamsaad
150 ml sonneblomsaad
15 ml bakpoeier
5 ml sout
2 eiers, geklits
500 ml karringmelk
blikkie kondensmelk
450 ml botter gesmelt
Voorverhit oond tot 180 grade celcius.
Plaas droe bestanddele in n mengbak en meng goed.
Maak n holte in die middel en voeg die eiers, karringmelk, kondensmelk en botter by en meng goed.
Smeer 3 middelslag broodpanne met botter.
Verdeel die mengsel tussen die panne en maak gelyk bo-op.
Bak sowat 45 minute lank by 180 grade celcius of tot goudbruin en deurgaar.
Laat vir 5 minute in panne afkoel, keer versigtig uit en laat heeltemal afkoel.
Sny die beskuit in vingers en pak effens uitmekaar op bakplate.
Laat oornag in n koel oond +-70 grade celcius, uitdroog. Laat die oonddeur effens oopstaan.
|
|
Rooibos Sjokokladekoek
Rooibostee-sjokoladekoek
250 ml warm Instant Rooibostee (1 t op 250ml water)
125 ml kakao
4 ekstra-groot eiers, geskei
375 ml suiker
125 ml olie
5 ml vanieljegeursel
450 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
2 ml sout
Versiersel
1/2 pakkie sjokoladekitspoeding
1 blik karamelkondensmelk
250 ml rooM
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 22 cm. Voer uit met bakpapier. Meng die tee en kakao saam tot glad en laat afkoel. Klits eiergele en suiker baie goed saam tot lig en dik. Roer die kakaomengsel, olie en vanieljegeursel by. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou by die beslag in. Verdeel die beslag tussen die panne en bak vir 25-30 minute tot gaar of ' toetspen skoon uit die koeke kom. Laat effens afkoel en keer uit op draadrakke om heeltemal af te koel. Vir die versiersel: Klits alles saam tot glad en verkoel tot benodig. Versier tussen die lae en bo-op met die versiersel. Sif kakao oor of besprinkel met gekapte neute of gerasperde sjokolade. Hou in die yskas en haal 10 minute voor teetyd uit. Lewer 1 groot koek.
|
|
Vinnige soldaatbeskuit
4x 500g bruismeel
20 ml sout
20 ml bakpoeier
500 ml suiker
4 eiers
30 ml anys
2x 250g botter gesmelt
4- 5 k karringmelk
Sif droë bestanddele saam. Voeg suiker en eiers by. Meng met karringmelk en gesmelte botter en anys. Knie vinnig. Deeg moet slap wees. Sit deeg in panne en bak in matige oond 350 F tot gaar. Haal uit en laat effens afkoel. breek in stukke en droog uit.
|
|
|
|
5 Ster pot
Hierdie is sekerlik die maklikste pot wat jy in jou lewe sal aanpak.
Net 5 bestanddele!!
5 Aartappels in skywe gesny
5 Uie in ringe gesny
1 pak bevrore groenbone
Ongeveer 2kg skaapskenkels en kookvleis
Aromat
Pak helfte van aartappels onder in pot
Pak helfte van uie op
Pak helfte van vleis op Gooi helfte van groenbone op
Gooi Aromat wat hy sommer geel leHerhaal weer van aartappels af en eindig met die Aromat
MOET GEEN ANDER VLOEISTOF BYVOEG NIE Sit pot op kole wat nie vreeslik warm is nie.Moenie omroer nie. As jou boonste boontjies gaar is, is jou pot ondertoe ook gaar.
|
|
Japtrap Souttert
Bestanddele
250g spek
250g blokkies ham
640 g weense worsies
500g gerasperde kaas
2 eetlepels gekapte pietersielie
6 eetlepels meelblom
6 teelepels mostert
sout en peper na gelang
2 koppies melk
2 eiers
Metode
Snipper kouevleis, spek en worsies. Voeg kaas en pietersielie by. Meng meel en mostert en gooi klein bietjie van jou melk by sodat dit ‘n pasta maak. Gooi dan res van die melk by. Sout en peper na gelang. Klits die eiers en voeg by melkmengsel. Meng met die res van die bestanddele. Bak vir 30 minute teen 180°C.
|
|
Biltongpot
Met die (hopelik) oorvloed van biltong na die jagseisoen, is hierdie resep die ware Jakob. Anders moet jy maar van daardie pakkies by die supermark kry of 'n maat afpers!
Bestanddele:
500g gesnyde biltong
500g pasta (enige vorm, maar spaghetti pas nie so lekker nie)
250g botter (of margarien as jou gewete pla)
1 gekapte ui
1 pakkie gesnyde sampioene
lekker groot lepel gekapte knoffel
2 pakkies kits witsous
handvol gekapte kruie
250ml room
250ml gerasperde kaas
Metode:
Smelt die botter, braai die uie, knoffel en sampioene tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in 'n lekker laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is. Dis 'n kuierpot, nie 'n wegneemete nie! Gooi jou pasta nou oor hierdie kontrepsie. Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so 'n uur begin jou mond behoorlik water. Haal van die hitte af, gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Selfs pasta-haters eet hul lippe af!
|
|
|
|
|